Vandag is dit die 94ste dag sonder Gerrit. Dit is te erg sonder hom. Niks is reg nie. Almal is hartseer en gebroke. Verlang verskriklik na hom. Wonder hoe hy vandag sou lyk - wat sou hy vandag doen? Speel in die sandput, dalk ook na die Mr Maker dag gaan by die kerk in Bendor? Hy het so van Mr Maker se program gehou. Ek was so hartseer vanoggend. Het by die huis gekom en na 'n video van hom gekyk. Wou net weer sy stem hoor en kyk hoe oulik hy was.
No comments:
Post a Comment